Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Jy is God se geleier
‘n Geleier is ‘n kanaal waardeur water of elektrisiteit beweeg, en jy is God se geleier! Jy is ontwerp om ‘n oop kanaal te wees vir Jesus Christus om verandering hier op aarde teweeg te bring. In die Onse Vader (Matteus 6:10) bid ons: “Laat U koningkryk kom. Laat U wil geskied.” Jesus loop nie meer tussen ons rond nie, maar het Sy mandaat vir ons gegee en die vermoëns om dit uit te voer. Met ander woorde, Sy wil sal deur jou geskied. God belowe “Op elke plek waar julle julle voete neersit, sal dit julle s’n wees” (Deuteronomium 11:24 NLV). Ons neem God se invloed oral met ons saam. Maar ons “opvangs” laat ons soms in die steek. Dit verg geloof om te glo dat dit God se instruksies is wat ons hoor, nes dit geloof verg om te glo dat onsigbare radiogolwe verby ons stroom. Omdat ons dit glo, skakel ons die radio aan met die wete dat ons die boodskap sal hoor.
Dis wetenskaplik bewys dat suiwer goud die beste metaalgeleier is. Die Bybel sê: “Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud” (1 Petrus 1:7 NLV). Sekere obstruksies kan ons vermoë om te ontvang, of ‘n kanaal te wees, belemmer. As ons harte verhard is, of ons nie bewus is van ons rol as geleiers nie, sal ons deur die lewe gaan sonder toegang tot al die mag wat God vir ons gegee het. Ons moet met die Woord van God gevul wees en intieme tyd saam met die Here spandeer sodat ons God se geleiers kan wees.
Die woord “ingeplant” (ingeëts, ingeënt) impliseer dat iets deel word van iets ander. Dink aan ‘n tuinier wat ‘n takkie van ‘n suurlemoenboom inent op…