RKanselMax Lucado het geskryf: “Het jy al ooit gewonder hoekom daar twee kruise aan weerskante van Christus s’n was? Of hoekom Jesus in die middel gekruisig is? Daardie twee kruise simboliseer een van God se grootse geskenke – die geskenk van keuse. Daar was baie ooreenkomste tussen die twee misdadigers – hulle is vervolg deur dieselfde sisteem, veroordeel om op dieselfde manier te sterf, deur dieselfde skare omring, en albei het ewe naby aan Christus gehang. Verder was albei aanvanklik ewe smalend, albei het wrede goed vir Jesus gesê. Maar die een het verander. Hy het gesê: “‘Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.’ Jesus antwoord hom: ‘Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees,'” (Luk 23:42-43). Terwyl ons verheug is oor die dief wat tot bekering gekom het, mag ons nie vergeet van die een wat nie tot bekering gekom het nie. Daar is tye in ons lewe wanneer God donderweer stuur om ons te laat wak kerskrik. Daar is ook tye wanneer God sy seën stuur om ons nader te trek.


Maar dan is daar tye wanneer God slegs stilte stuur, en vir ons die keuse gee waar ons die ewige lewe wil deurbring. Ons het geen groter voorreg ontvang as juis hierdie voorreg om te kan kies nie. Dink aan die dief wat berou gehad het. Alhoewel ons nie veel van hom weet nie, weet ons verseker dat, ten spyte van al sy slegte keuses, hy vrygespreek is te danke aan een goeie keuse. Hy het Christus gekies!”


Dit maak nie saak hoeveel slegte keuses jy al in jou verlede gemaak het nie, jy kan vrygespreek word wanneer jy een goeie keuse maak – die keuse om jou lewe vir Christus te gee en Hom te volg. Gaan jy nou dadelik daardie keuse maak?


Dit is die een keuse waaroor jy nooit sal spyt wees nie!


Kopiereg 2007 Radiokansel.
Besoek hulle webblad by www.radiokansel.co.za

Scroll to Top