Warm Sjokolade

Sjokoldade

Sjokoldade‘n Groep gegradueerdes, reeds goed gevestig in hulle beroepe, praat met mekaar by ‘n reunie wat hulle bywoon toe hulle besluit om by hulle ou universiteits professor, nou reeds afgetree, te gaan kuier.

Gedurende die kuiertjie draai die gesprek na klagtes oor stres in hulle lewens en werksopset.

Die professor bied aan om vir hulle warm sjokolade te gaan maak en verdwyn in die kombuis, net om ‘n rukkie later tevoorskyn te kom met ‘n pot vol warm sjokolade saam met ‘n variasie koppies en bekers bestaande uit porselein, plastiek, keramiek, glas, sommige duur, ander goedkoop en wat hy aan hulle bedien. Nadat almal iets te drinke het, maak die professor die volgende opmerking;

“Let op hoedat al die mooiste en duurste bekers geneem is en die goedkoop en eenvoudige bekers gelos is. Alhoewel dit heel normaal is dat ons net die beste vir onsself wil hê, is dit die oorsaak van al ons stres. Die beker waaruit jy drink dra niks by tot die kwaliteit van die sjokolade nie. In meeste gevalle is dit net duurder en in sekere gevalle steek dit selfs die inhoud wat jy drink, weg. Wat julle almal eintlik net wou hê is die sjokolade, nie die koppie nie. Onbewustelik het julle egter gegaan vir die duurste en mooiste bekers…en toe begin julle mekaar se beker bekyk…

Oorweeg nou die volgende; Lewe is die warm sjokolade en jou werk, geld en die posissie wat jy in die samelewing beklee, is die bekers. Hulle is net die gereedskap om die lewe in te hou.

Die beker wat jy het, definieer nie, nog minder verander dit die kwaliteit van die lewe wat jy het nie. Om soms net te konsentreer op die beker, misluk ons om die warm sjokolade, wat God ons gegee het, te geniet.

God maak die warm sjokolade, die mens kies die bekers. Die gelukkigste mense het nie noodwendig die beste van alles nie. Hulle maak net die beste van alles wat hulle het.

Lewe eenvoudig, lewe vrygewig. Gee regtig om, praat sagkens.

En geniet jou warm sjokolade!

John & Ramona Rohre

Scroll to Top