
Wat is die punt? Om jou droom te laat realiseer, moet jy die mense “ken” waarmee jy werk. Of hulle nou vennote of beskermhere, base of kollegas, kliënte of kiesers, klante of kritici is, mense moet volgens hul talente en temperamente geïdentifiseer en bestuur word. Watter soort mense hoort in jou span?
John Maxwell skryf: “Sommige mense het ‘n droom maar geen span nie – hulle droom is onmoontlik. Sommige mense het ‘n droom maar ‘n slegte span – hulle droom is ‘n nagmerrie. Sommige mense het ‘n droom en is besig om ‘n span te bou – hulle droom het potensiaal. Sommige mense het ‘n droom en ‘n wenspan – hulle droom is seker.” Moses het vir Josua nodig gehad; Naomi het Rut nodig gehad. Die idee van ‘n selfgemaakte mens is ‘n mite.
Alle suksesvolle mense het hulp langs die pad gehad. Slegs as jy erken dat jy hulp nodig het, sal jy begin soek daarna. Dis ‘n deurslaggewende stap in die bereiking van sukses. Die volgende stappe is kennis oor mense se sterkpunte, die kommunikasie van jou visie aan hulle op so ‘n manier dat hulle dit aanvaar en dat dit die beste in hulle na vore bring en hulle beloon.
Chris Hodges sê: “‘n Droom is ‘n oortuigende visioen wat jy in jou hart sien en wat te groot is om te bereik sonder ander se hulp.”
Bron : Radiokansel




