Het jy God daaroor geraadpleeg?

RKDit is moeilik om nederig te bly as jy nou net deur die Rooisee
geloop het sonder om nat te word en Jerigo, die grootste stad in die Beloofde
Land, ingeneem het. Oormoedigheid kan
dodelik wees!

Die Israeliete was heel ingenome met hul oorwinning en het
gedink dat hulle God nie hoef te raadpleeg of luister na wat Hy te sê het oor
hulle volgende skuif nie. Dis nogal ‘n storie. Die slinkse Gibeoniete het besef
dat hulle nie teen God se volk kan
wen nie en hulle het toe ‘n span onderhandelaars gestuur om vrede met hulle te
maak. En dit het gewerk! Alhoewel hulle gelieg het, het Josua aangeneem dat
hulle die waarheid praat en het hy ‘n vredesverdrag met hulle gesluit.

Dit was een van die grootste foute wat hy in sy lewe
begaan het! Van daardie dag af was die Gibeoniete ‘n voortdurende doring in die
Israeliete se vlees. Josua het geleef met die spyt dat hy “nie die Here
geraadpleeg (het) nie.”

Fanny Crosby, die blind e liedjieskrywer, het geskryf:
“O, watter vrede slaan ons gereeld in die wind, o, watter onnodige pyn
moet ons nie verdra nie. Slegs omdat ons nie alles deur gebed aan God opdra
nie.”

Dit is skrikwekkend hoe maklik ons die skuif vanaf
vertroue in God tot vertroue in onsself maak. Of ons vertrou op ‘n metode
aangesien dit in die verlede gewerk het, of doen net blindelings wat al die
ander mense doen.

Jy kan
slegs ‘n voorsprong kry wanneer jy by God self jou instruksies kry. Wanneer jy
Hom uitlaat, gaan jy in die moeilikheid beland. As jy geneig is om te vinnig te
beweeg of om op jou eie krag en gawes staat te maak, bid vir ‘n rooi lig van
die Heilige Gees af. Vra God om jou te laat weet wanneer jy uit jou eie wil
voortstu in plaas van volgens sy wil. Dit sal jou onberekenbare hartseer spaar!

© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za

Scroll to Top