Leef hoopvol

Image

ImageOnlangs het ons gehoor van ‘n klompie ooms en tannies by ‘n ouetehuis wie se enigste inkomste ‘n karige staatspensioen is. Hulle het nie behoorlike kos om te eet nie. Toe besluit ekerk se dagbestuur in die geloof om vir die volgende jaar twintig van hulle se etes te betaal. Ek het trane in my oë gekry dat hierdie ouens op ons dagbestuur bereid is om in die geloof alles op die altaar te plaas om onbekendes te help.

‘n Week of twee later kry ek toe ‘n kosbare briefie van ‘n dame wat jare gelede vir my skoolgehou het. Sy skryf dat sy oor die 70 jaar oud is en nou vir die eerste keer sien dat kerk werk toe sy hoor van ekerk se betrokkenheid by hierdie oumense wat so swaarkry. En ek weet sy is ‘n baie toegewyde kerkbywoner. Hoe kan ons bekostig dat geloof so min deur kerkmense beoefen word? Ons hoor gedurig die mooiste preke oor geloof. Om nie te praat van al die Bybelstudies en selgroepe oor hierdie tema nie. Maar waar sien die gemiddelde Christen ooit geloof in aksie? Nog meer: waar doen hulle geloof? Terloops, watter storie vertel jou eie lewe vandag wat ander mense met hoop sal vul?

Stephan Joubert | www.ekerk.co.za

Scroll to Top