Berei jouself voor indien jy die afgelope tyd voortdurend aangeval is, want God is op die punt om aan jou te wys wat die rede daaragter was! Die mate van gevegte in jou lewe wys vir jou wat God in en deur jou gaan doen. Soms is die duiwel meer bewus van wie jy is en nie dat jy is nie. Gideon was besig om vir die Midianiete weg te kruip in ‘n grot. Tog noem God hom “‘n dapper man.” God sien eienskappe in jou raak wat niemand anders raaksien nie, nie eers jy nie! Ons God, “die begin en die einde”, sien alles in perspektief – jou uiteindelike oorwinning is daarby ingesluit.
Op ‘n stadium in jou lewe gaan jy ‘n visie hê wat menslik gesproke glad nie gaan sin maak nie, iets wat jy gaan weet ontmoontlik is sonder God. Wanneer jy hierdie visie gaan kry, gaan ‘n stem binne-in jou sê: “Ek sal”, terwyl almal om jou gaan sê: “Jy kan nie.” Dit gaan nodig wees dat jy aangaan al het jy nie die nodige vaardighede nie en dat jy besef dat dit: “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige,” (Sag. 4:6). Hou op om vir mense te vra wie hulle dink jy is. Vra vir God! Wat maak enigiemand anders se opinie saak wanneer Hy jou roep om iets te doen?
Wanneer God jou roep, wys Hy vir jou wat jy het, en dan bemagtig Hy jou om dit te gebruik! Toe Gideon gesê het: “Ek is nie die regte persoon nie!” het die Here hom geantwoord: “Gaan met die krag wat jy het,” (Rig. 6:14) en “Ek is by jou,” (Rig. 6:16). Dit is belangrik om die waarheid hierin raak te sien: Jy moet begin waar jy is en dit wat jy het gebruik. Dan sal God vir jou meer gee. As jy weier om aan te beweeg totdat God meer vir jou gee, gaan jy dalk vir altyd wag!
© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)