Het jy al ooit opgelet dat Jesus nie veel tyd spandeer het aan praatjies oor die duiwel se doen en late nie? Daarenteen het Hy God se Woord aangehaal en hom uit mense se lewens verdryf. In Markus 5 was die man wat tussen die grafte gewoon het, geteister deur bose geeste. Toe Jesus hulle aanspreek, het hulle hom gesmeek "om hulle nie heeltemal landuit te stuur nie." (v. 10 NLV) Waarom? Want hulle wou nie hulle vesting opgee nie. Toe hulle besef dat Jesus vasbeslote was om hulle uit die man te dryf, het hulle Hom gesmeek om hulle toe te laat om ten minste in dieselfde area te bly. Jesus stuur hulle toe in ‘n trop varke in – en die varke "hardloop toe die see in, waar hulle versuip het." (Mark 5:13 NLV) Daar is ‘n les hierin: Satan mag die feit dat jy bevry is so aanvaar, maar sal hewig protesteer as hy uit die familie gegooi word. As hy jou nie
Kopiereg 2009 Radiokansel


