Jy’s verlos!

RKEen wintersmiddag het Harry de Leyer teruggekeer van ‘n
veiling af met ‘n groot, grys perd wat onmiddellik deur sy kinders
“Snowman” gedoop is. Hy was ‘n baie goed-gemanierde ryperd, maar toe
‘n buurman tweemaal soveel vir De Leyer aanbied as wat hy oorspronklik vir
Snowman betaal het, het hy ingestem om hom te verkoop. Hy was dadelik spyt oor
sy besluit – en Snowman ook! Dit is toe dat Snowman se versteekte talent
verskyn het! Die buurman se heinings was baie hoog, maar Snowman het keer op
keer daaroor gespring en teruggegalop na sy geliefde gesin toe. Op ‘n dag het
De Leyer besluit genoeg is genoeg en die perd terug gekoop. Die res van die
hierdie verhaal het beroemd geword: Snowman het talle spring-kampioenskappe en
kompetisies gewen, en uiteindelik die Groot Prys verower by die Nasionale
kampioenskap in die Madison Square Tuine toe hy twee jaar in ‘n ry as
“Perd van die Jaar” benoem is. Nie omdat Snowman die vinnigste kon
hardloop nie. Nee, Snowman was ‘n springperd. Niemand sou dit ooit geweet het as
dié lojale dier en sy geliefde eienaar nie van mekaar geskei was deur ‘n hoë
heining nie. En die perd het genoeg rede gehad om lojaal te wees, want op die
dag van die veiling het De Leyer eers laat opgedaag en was die beste perde
reeds verkoop. Die groot, grys hings wat later die Ontembare Snowman geword
het, is gered van die enigste ander koper, ‘n man wat hom wou verkoop aan ‘n
gom-fabriek!

Die Psalmdigter het gesê: “Die Here … red (my) van
die graf.” Wanneer ander mense jou afskryf, sien Hy jou potensiaal raak.
Andrew Bonar het gesê: “Deur God se magtige krag ontsnap ons elke dag van
gevare waarvan ons nie eers bewus is nie. As ons die strikke kon sien wat Satan
vir ons stel, hoeveel sou ons nie die Here bemin het wat ons van hulle almal
red nie!”

Gaan sit vandag vir ‘n oomblik stil en bedank die Een wat
jou gered het van die graf.

© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za

Scroll to Top