Fokus op jou sterkpunte

RKansel

Werk 80% van die dag aan iets waarmee jy goed is. Werk 15% van die dag aan iets leersaam en werk 5% van die dag aan iets waarmee jy swak is. Is dit wys? Absoluut! “Ons het genadegawes … volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het.”Wat gebeur wanneer ‘n span se lede ‘uit hulle posisie uit’ speel?

Eerstens, die moraal verswak, omdat die span nie op hulle beste kan speel nie. Diegene wat op die verswakte gebiede moet speel voel gegrief, omdat hulle nie hulle vaardighede ten volle kan benut nie. Binnekort wil die span nie meer saamwerk nie, begin daar krake vorm in elkeen se selfvertroue en word die situasie net erger.

Dan begin die ander span hierdie swakpunte uitbuit, en kan die span nie meer wen nie. Wanneer mense nie doen wat hulle veronderstel is om te doen nie, kan dit nie goed gaan met hulle nie.

Weet jy waar jou sterkpunte lê? Indien nie, gebruik die volgende riglyne:

  • (1) Wees seker. As jy toelaat dat onsekerhede die oorhand kry in jou lewe, word jy onbuigbaar en hou jy nie van verandering nie. As jy nie gaan verander nie, gaan jy nie groei nie!
  • (2) Leer jouself ken. Spandeer tyd daaraan om jou gawes te ontdek. Vra vir terugvoer van ander. Erken jou swakpunte.
  • (3) Vertrou jou leier. As jy nie kan nie, soek dan iemand wat jy kan vertrou of sluit aan by ‘n ander span.
  • (4) Sien die groter prentjie. Jou plek in enige span kan net sin maak as jy die groter prentjie kan raaksien. As eie gewin die enigste rede is waarom jy jou plek wil vind, gaan hierdie verkeerde motief jou beroof van die vreugde, vervulling en sukses wat jy begeer.
  • (5) Maak staat op jou ervaring. Daar is net een manier om seker daarvan te wees dat jy jou plek gevind het. Probeer iets anders. Vat kanse. Leer uit jou foute en uit jou sukses.

Ontdek waarvoor God jou gemaak het!

Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za

Scroll to Top