Hoe om te weet dat God jou lei (1)

Sample ImageDie ruimtetuig Atlantis se beheerstelsel word eers geaktiveer as dit reeds etlike kilometers in die ruimte in is. Wat is die punt wat ek wil maak? God se beheerstelsel skop in sodra jy in beweging kom. Dit beteken jy moet eers opstyg vanaf die lanseerplatform!

Sit jy steeds vas op dieselfde plek, terwyl jy bid: “Here, ek sal nie beweeg totdat ek van U hoor nie,” terwyl hy sê “Jy sal van my hoor sodra jy begin doen dit wat ek voor jou uitgelê het”? Soms weet ons wat God wil hê, maar ons hou nie daarvan nie. Dan bid ons en hoop dat Hy van plan sal verander en die ja-woord sal gee vir wat ons wil hê.

Die Bybel sê: “Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom,” (Heb. 11:8). As jy God volg, sal jy gaan, alhoewel jy nie alles weet nie. Ten spyte van beraders, studiegroepe, komitees, besigheids planne en projeksies, breek daar ‘n tyd aan wanneer ‘n mens in die rigting wat God wys, moet beweeg. Sal jy met onbeantwoorde vrae en onuitgespreekte kwellings gelaat word? Verseker. Jou kar se hoofligte kan nie om die volgende hoek of oor die volgende heuwel skyn nie. God sal vir jou inligting gee wanneer Hy dink jy dit nodig kry.

Dit is hoekom Paulus skryf: “Want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie,” (2 Kor. 5:7). Dit is eintlik die enigste manier. Dit hou jou naby God, afhanklik van Hom, terwyl dit jou herinner aan Wie die eer vir al jou suksesse behoort. Terloops, om God se beheerstelsel werklik te leer ken en te volg neem ‘n leeftyd om aan te leer.

Kopiereg 2007 Radiokansel. | Besoek hulle webblad by www.radiokansel.co.za

Scroll to Top