
1) ‘Moenie enige geld saamvat nie’ Die Here sal in al jou behoeftes voorsien. Jy het nie eers ‘n groot banksaldo nodig om vir die Here te kan werk nie.
2) ‘Moenie…’n reissak [saamvat] nie’ – geen ekstra bagasie nie! God se Woord sê, ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê…’ (Hebreërs 12:1 NLV). Wát ook al jou aandag trek, kan jou beïnvloed, en wát ook al jou aandag hou, kan jou bemeester. Satan wil jou keer om jou Goddelike opdrag uit te voer, dus moet jy jou fokus behou.
3) ‘Moenie enigiemand langs die pad groet nie’ – moenie onnodig tyd verspil nie! Moenie besig wees met goed wat jou tyd steel en die werk wat God jou gegee het, benadeel nie. Lank gelede, in sekere landelike gebiede van Amerika, is die skole vir ‘n aantal weke wanneer dit oestyd was, gesluit, en almal het gehelp om die oes in te bring. Hoekom? Die oes kan nie wag nie!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)




