
sanger Lonzo Green se nefie, Jimmy vir hom gevra het om een van sy vriende se
kitaar te stem, het hy ingestem. Die probleem was dat Jimmy se vriend aan die
verkeerde kant van die spoor gebly het en Jimmy se ouers het hom nie in hulle
huis toegelaat nie. Hulle het dus maar buite bymekaargekom. Terwyl die kind
nader gekom het, het Green sy selfbewustheid, houding en snaakse kyke na die
gegoede buurt opgemerk. Lonzo Green wat self ook armoede en diskriminasie in sy
lewe ervaar het, het die seun se kitaar gestem, ‘n paar liedjies gespeel en vir
hom ‘n paar akkoorde geleer. Die jong man het hom bedank en met ‘n herinnering
wat hy sy hele, ongelooflike lewe met hom saamgedra het, huis toe gegaan.
Uiteindelik het die seun met sy kitaar vir altyd die spoor oorgesteek en hy was
met sy sagte, goedgemanierde stemtoon en huiwerige glimlag nooit weer onwelkom
nie. Want hierdie seun wat nie in die huis toegelaat w as nie … was Elvis
Presley.
Jesus het gesê:
“Kyk na wat onder die oppervlak is, sodat julle regverdig
is omdat Jesus self die pyn van verwerping ervaar het – selfs “sy eie
mense Hom nie aangeneem nie,” (Joh. 1:11). Jakobus sê: “My broers,
julle wat glo in ons Here Jesus Christus … moet mense nie volgens hulle
uiterlike beoordeel nie … julle maak ‘n ophef van die man met die deftige
klere … maar vir die arm man sê julle: ‘Gaan staan jy daar anderkant’ of:
‘Kom sit hier by my voete …’ het julle dan nie … op grond van verkeerde
oorwegings beoordeel nie? … Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die
wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te
neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? … Maar as julle die mense
na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde,” (Jak. 2:1-9).
Ja, diskriminasie is ‘n
“sonde”! Richard Cowper sê: “Ons gedagtes is onsigbare hande wat
die mense wat ons ontmoet vorm. Wat ons ookal van hulle dink, is wat hulle
vir ons gaan word.” Wat dink jy as jy mense ontmoet en hulle is nie
presies soos jy nie?
© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)



