Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Doen waartoe jy geroep is
In sy boek Growing Strong in the Seasons of Life, het Dr Charles Swindoll geskryf: “Op ‘n dag het die diere besluit om iets sinvol te doen om die nuwe wêreld se probleme die hoof te bied. Hulle het ‘n skool gestig en almal moes leer om te hardloop, te klim, te swem en te vlieg. Al die diere moes al die vakke neem. Eend was baie goed met swem – selfs beter as sy afrigter! Maar hy het net-net deurgeskraap met vlieg en was baie swak met hardloop. Aangesien hy so swak was met hardloop, moes hy die swemmery los en na skool bly om sy hardloop te oefen. Dit het sy pote so verniel dat hy later ook net gemiddeld was met die swem. Maar ‘gemiddeld’ was vir almal aanvaarbaar, en niemand het regtig omgegee nie – behalwe Eend. Haas was die beste in sy klas met hardloop, maar het spasma in sy agterpote ontwikkel omdat hy so hard moes oefen aan sy swem. Eekhoring het uitgeblink in klim, maar was geweldig gefrustreerd met vlieg omdat hy van die grond af moes “op”, en nie van die piek van die boom kon “af” nie, met die gevolg dat hy uiteindelik ‘n “C” in klim gekry het en ‘n “D” in hardloop. Arend was ‘n probleemkind en is alewig gepenaliseer omdat hy wou vlieg in die klimklas!
“Ons het gawes… Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik” (Romeine 12:6 NLV). Wanneer God jou geseën het met ‘n gawe, wy jouself daaraan toe en laat vaar al die ander dinge.