
Maar jy kan jou stresvlakke afbring deur die volgende Bybelse beginsels te volg:
1) Doen jou navorsing. ‘Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande’ (Spreuke 18:13 NV). Kry al die feite bymekaar en verhoed besluite waaroor jy spyt sal wees. Kennis was nog nooit so beskikbaar soos nou nie: deur die Internet, nuttige boeke en veral God se Woord: ‘U gebooie…is altyd by my’ (Psalm 119:98 NV).
2) Praat met God. ‘Maak my U wil bekend, Here, leer my U paaie.’ Deur God se raad te vra, verhoed mens ondeurdagte besluite, kry jy klaarheid oor jou prioriteite en berei jy jou voor om Sy raad te hoor. Het God ‘n belang by jou besluite? Ja. ‘Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is’ (Psalm 37:23 NV).
3) Wees oop vir nuwe idees. Moenie aan ‘n ou ingesteldheid vasklou nie. ‘Wyse mense hou hulle ore oop vir kennis’ (Spreuke 18:15 NV). Om aan die bekende vas te hou kan verlammend wees. God mag dalk besluit om jou op nuwe paaie van vars insigte te lei. Daarom moet jy diep asemhaal, na Sy wysheid soek, en jou hart oopmaak om dit te ontvang.
4) Kry advies van betroubare vriende. Volgens ‘n ou Keltiese spreuk ‘Is ‘n slegte pad die een wat alleen bewandel word.’ So, volg Salomo se raad: ‘In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad’ (Spreuke 12:15 NV).
Bron : Radiokansel




