
Jon Gordon skryf, ‘As jy oor die toekoms bekommer…Ek weet hoe jy voel. Ek het my werk in 2001 verloor…die firma het vinniger as die Titanic gesink. Ek het gedink dit was die ergste gebeurtenis van my lewe. Bankrotskap was net twee maande weg. Ek het ‘n vrou en twee kinders gehad, ‘n huislening, geen mediese fonds nie, en baie min spaargeld. Net een salarisstrokie was tussen my en totale ondergang… en ek moes ingrypende besluite neem. Hierdie besluite het uiteindelik tot die werk wat ek nou as skrywer, konsultant en spreker doen, gelei. Afdanking het na my lewensroeping gelei…wat ek as die ergste beskou het…het op die beste uitgeloop… Wanneer die golwe ons omklits, kan ons kies…of ondergaan, of om hulle na ‘n beter toekoms te ry. Ons kan met vasberadenheid aanbeweeg en glo dat ons beste jare voorlê.’ Wees bly. Fokus opnuut. God kan ‘n vloek in seën verander.
Bron : Radiokansel



