Konformeer of Getransformeer?

loneRanger0806

loneRanger0806Chuck Swindoll het gesê, ‘Ons verbeel ons graag dat ons ‘n klomp ruwe individue is – die Patrick Henrys, Davy Crocketts en Lone Rangers. Die waarheid is, ons haat dit om anders te lyk uit vrees dat ons uitgesluit, as fanatici gebrandmerk en verstoot sal word. Daarom konformeer ons. Jy sien dit in die kind wat gretig is om te behaag; die jeugdige wat inval by groepsdruk; die volwassene wat enigiets doen om met die bure mee te ding.’ Bloot anders vir die onthalwe van anders wees is waarskynlik nutteloos, selfs teenproduktief.

Wat God van ons wil hê is ‘n gewilligheid om totaal omvorm te word. ‘Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moet vir God dien soos Hy wil hê julle moet Hom dien. Julle moet self offers wees vir Hom. Dit beteken: Julle moet reg lewe, julle moenie sonde doen nie, want julle behoort aan God. Julle moet goeie dinge doen, dinge waarvan God hou. Julle moenie wees soos die mense van hierdie wêreld nie. Julle moet vir God vra om julle te verander sodat julle die regte dinge sal dink’ (vv.1-2). Hier is twee belangrike opmerkings om julle te help om daardie doel te bereik: Eerstens: Transformering behoort aan gelowiges. Die ongelowige kan nie die wêreld se houvas op hom verbreek sonder Christus nie, maar gelowiges word beloof: ‘…omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is’ (1 Joh 4:4 NV-1983). God se inwonende Gees stel jou instaat om die wêreld se druk te weerstaan om na sy maniere te konformeer. Tweedens: God se oproep is dringend. ‘Ek dring by julle aan, broers.’ Woorde soos soebat, pleit, smeek word in sommige vertalings gebruik, want die oproep is nie sekondêr of opsioneel nie. Dis beslissend, ‘n goddelike bevel! God soek weggegooide kruike wat vir Sy gebruik omvorm kan word. Is jy gewillig om te sê, ‘Ja, Here, gebruik my’?

Bron : Radiokansel

Scroll to Top