
Duidelik was die man meer begaan oor sy huurgeld as oor die huisgesin. Hoewel sy optrede nie onwettig was nie, was dit verkeerd. Terwyl hy voorgegee het dat hy sy naaste help, het hy net na sy eie belange omgesien. Die Fariseërs het gebid, gevas en geld aan die armes gegee; dit was egter net om ander te beïndruk. Jesus het gesê: ‘”Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle julle beloning by julle hemelse Vader misloop.’ ‘Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie…’ (Matteus 6:1-5 NLV). Jesus het ook gesê, ‘”…Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!”‘ (Matteus 5:16 NLV).
Jou optrede moet God verheerlik.
Bron Radiokansel (Inhoud aangepas)


