Geloof tenoor beheer

RKDit is die keuse! Dit gaan nie oor ‘n “blinde geloof” nie, dit gaan daaroor dat jy moet glo dat God is wie Hy sê Hy is. 

Wanneer jy tob oor jou probleme in plaas daarvan om te kyk wat God se oplossings is, sal die vyand jou vrese vergroot. As hy dit nie kan regkry dat jy bekommerd is oor die hede nie, sal hy jou teister met alles wat in jou toekoms kan verkeerd loop.


Ralph Waldo Emerson het gesê: “Deur alles wat ek gesien het, het ek geleer om op die Skepper te vertrou in alles wat ek nie gesien het nie.”


Is God nie groter as enige geweld, finansiële ramp, siekte, aanklag, of moeilike situasie waarin jy jouself bevind nie? Dit sal nooit verander nie! Dawid het gesê: “Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie … (Hy) sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here sal … jou lewe … beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,” (Ps. 121:3-8).


Boonop hou sy engele elke oomblik van elke dag wag oor jou. Op die ou-end gaan dit net oor geloof teenoor beheer. Jy kan op jou eie probeer voortsukkel om dinge te hanteer óf jy kan vertrou op jou Hemelse Vader. Dit is die keuse! Dit gaan nie oor ‘n “blinde geloof” nie, dit gaan daaroor dat jy moet glo dat God is wie Hy sê Hy is. Dit is die enigste saak wat jy vir eens en vir altyd vir jouself moet uitsorteer, want as jy nie glo dat Hy slegs die beste vir jou wil hê nie, gaan jy aanhou om te probeer om in beheer te wees.


Beheer is nie verantwoordelikheid nie. Verantwoordelikheid is wanneer jy jou deel doen deur te bid, te gehoorsaam, en te vertrou op God. Beheer is om die omstandighede te manipuleer om die uitkoms te kry wat jy wil hê.


Omdat Jesus weet dat ons geneig is om vas te hou aan goed waaroor ons eerder nie beheer moet hê nie, het Hy gesê: “Elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou,” (Luk. 9:24).


Die punt van die saak is – Jy vertrou óf op God óf nie!

Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za

Scroll to Top