Wanneer God nee sê!

shepard1403

shepard1403God sê nie nee vir die goeie nie; dis miskien die verkeerde tyd, of Hy beplan dalk iets beter vir jou. Wanner dít wat kon gebeur het, nie het nie, omdat God dit verhoed het, is jy dankbaar. Hou dus op om te probeer losbreek uit die liefdesgreep van die Een wat jou om jou eie beskerming vashou. Dawid sê, ‘Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie.’ (Psalm 23:1 NLV) ‘n Herder lei, voed en beskerm.

Wat ‘n wonderlike gedagte – die Herder wat dag en nag oor jou waak! Om jou te red, sal Hy die partytjie onderbreek, jou voor jou vriende in die verleentheid stel en miskien selfs ‘n ribbebeen of twee kraak! Hy het jou té lief om toe te laat dat jy in dít wat jy dink so goed vir jou is, wegsink. Ruth, die vrou van Billy Graham, die Amerikaanse evangelis, sê ‘As God op al my gebedsversoeke ja gesê het, sou ek met die verkeerde man getrou het – verskeie kere.’ Luister, ‘Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.’ (Psalm 37:5 NLV).

Jy sal jou Hemelse Vader more bedank oor dieselfde ding wat jou vandag bitter maak. Mark Twain, die Amerikaanse skrywer, het gesê dat toe hy 14 was, hy sy pa se onkunde amper nie kon verdra nie. Toe hy egter 21 geword het, was hy verstom oor hoeveel sy pa in dié sewe jaar geleer het! Hoe meer volwasse jy word, hoe meer sal jy besef dat God ‘n liefhebbende, wyse Vader is, en des te meer sal jy Hom vertrou.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top