
Romeinse laksmanne het hulle spykers deur die gewrig geslaan, deur die karpale tonnel waardeur die vingers se ligamente en die mediane senuwee loop, wat die hand vermink, dat dit soos ‘n klou krom trek. En Jesus het geen verdowing gehad nie. Later het sy gewig daaraan gehang, wat nog weefsel geskeur het, meer weefsel wat skeur het meer bloed laat uitvloei. Was daar ooit ‘n meer hulpelose gesig? Die dissipels, wat gehoop het dat hy die Messias was, het in die donker weggekruip of weggesluip.’ Maar dis nie die laaste keer dat ons Jesus se hande sien nie. Die Bybel sê: ‘Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar.
Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” Na dit, wys Hy sy hande vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien.’ Dr. Brand voeg by: ‘Vir die res van sy tyd hier, het Jesus verkies om deur die littekens in elke hand te bedien. Daarom glo ek God hoor en verstaan ons pyn, Hy het daardie littekens as blywende beeld van ‘n verwonde mensdom behou. Hy weet hoe die lewe op aarde is, want hy was daar. Sy hande bewys dit.’ So, bring vandag jou wonde na Jesus en laat Hy jou heelmaak; liggaam, gees en siel.”
Bron : Radiokansel



