
In 1866 het ‘n amateurgeoloog’n klompie Suid-Afrikaanse kinders met ‘n blink klip sien speel. Hy het hulle ma gevra of hy dit kon koop. Sy het nie gedink dis iets werd nie en het dit vir hom gegee. Toe hy dit later ondersoek, het hy ontdek dat dit ‘n topgehalte 21 karaat-diamant was. Na die nuus van die ontdekking is ‘n Skotse mineraalkenner, James Gregory, gestuur om ondersoek in te stel. Hy het terugrapporteer dat Suid-Afrika nie geskik was vir diamantmynbou nie. ‘n Paar dae na Gregory se verslag openbaar gemaak is, is ‘n 83 karaat-diamant gevind in die gebied wat hy besoek het. Dit staan vandag bekend as die Ster van Suid-Afrika, en die ontdekking daarvan het gelei tot die eerste mynbedrywighede in daardie streek.
Vandag is Suid-Afrika die wêreld se grootste diamantproduseerder. En Gregory? Sy naam leef voort, maar nie soos hy dit wou gehad het nie. As iemand in die diamantbedryf swak oordeel openbaar, sê mense hy “trek ‘n Gregory op homself”. As jy die Here vra, sal Hy jou help om die “skat” in jou saailand te vind (Matt 13:44 – 45). As Jesus vyfduisend mense met ‘n seuntjie se middagete kon kosgee, dink net wat Hy deur jou kan doen.
Die vraag is: wat sien jy raak? Die oop deur of die struikelblokke?
Bron : Radiokansel



