
Maar daar is ‘n onderliggende roering. As jy luister sal jy dit hoor: “Dit is tyd om na God te nader, berou te hê, en ons lewenstyl te verander.” Dit is ‘n ou boodskap vir ‘n nuwe generasie. “Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle vergewe en hulle land gesond maak” (2 Kron 7:14 NLV). As jy sou redeneer: “Die mense rondom my sê nie so nie”, moet jy ondersoek instel na die geselskap rondom jou! Jesus het gesê dat wanneer een blinde ‘n ander blinde lei, altwee in die sloot sal opeindig.
Ons het nie ‘n meerderheid nodig om dinge om te keer nie. God het vir Abraham gesê dat net 50 mense wat glo in geregtigheid, Sodom kon red. Selfs in ‘n bedorwe kerk wat spesialiseer in “wat God vir jou kan doen en hoe jy Hom kan oorreed om dit te doen”, is daar nog mense wat weet wat herlewing beteken en hoe om God te volg totdat dit kom. Die vraag is net, is jy een van hulle?
© Radiokansel.co.za


