
Jy is dalk werkloos en vertrou op God om vir jou gesin te sorg. Nogtans vra jy, ‘Hoe kan dit wees? Ek is dan sonder inkomste.’ Of jy is dalk ernstig siek, en alhoewel jy weet dat ‘…Hy … geslaan [is] sodat ons gesond kon word…’ (Jesaja 53:5 NLV), wonder jy steeds omdat jy nog steeds die simptome van die siekte het. Maria se beproewing was soveel erger omdat God haar toestand veroorsaak het. Hy is nie veronderstel om dit te doen nie. Hy is veronderstel om jou te red en jou te seën! Maar God het ‘n plan gehad. Wat met Maria gebeur het, is eenmalig in die geskiedenis van die wêreld en sou nóóit weer gebeur nie. Saam met die Goddelike plan was daar ook ‘n belofte: ‘…Die Here is met jou!…’ (Luke 1:28 NLV). As jy eenmaal begryp dat ‘Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!’ (1 Tessalonisense 5:24 NLV), verander jou siening radikaal. As jy dus vandag sukkel, onthou wat die engel aan Maria gesê het , ‘…want niks is onmoontlik vir God nie’ (Lukas 1:37 NLV). Hy sê dieselfde aan jou!
Bron : Radiokansel



