
As God ‘n droom so groot soos ‘n berg aan jou gee, sal dit jou laat deurdruk terwyl ander mense tou opgooi. Moenie na ander luister as hulle jou wil wysmaak dat jy ‘te oud’ is nie. Die Bybel sê dat jy soos ‘n palmboom die beste vrugte in jou later jare kan dra (Psalm 92:12-14). Die sterre verskyn wanneer die son sak – jy kan aan die einde van jou lewe nog helderder skyn.
Barbara Klassen sê: ‘My groot-groot oom het een honderd en ses jaar oud geword. Hy was sterk en gesond en dit was sy groot plesier om vriende wat reeds liggaamlik swakker was, rond te ry vir inkopies en om afsprake na te kom. Na sy honderdste verjaardag moes hy sy bestuurderslisensie hernu. Die lisensiebeampte het skepties gesê, “Jy is al honderd jaar oud, waarvoor het jy ‘n bestuurderslisensie nodig!” My oom was heeltemal uit die veld geslaan en het geantwoord, “Wel, iemand moet die oumense rondry!” Hy het nog vir die volgende vyf jaar steeds ‘n geldige lisensie gehad.’
Maak soos Kaleb: lewe voluit tot die oomblik wat jy sterf!
Bron : Radiokansel




