Die vreugde van te gee (2)

Oseola2705

Daar is meer as 2,000 skrifgedeeltes in die Bybel oor geld en om te gee. Hier is twee: (a) “Elkeen moet na sy vermoë gee ooreenkomstig die seën wat hy van die Here jou God ontvang het” (Deut 16:17 NLV). (b) “Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief” (2 Kor 9:7 NLV). Hier is twee stories oor die vreugde om te gee:

Oseola2705(1) Oseola McCarty, 87, het haar hele lewe lank net een ding gedoen: wasgoed gewas. Nou is sy bekend daarvoor. Teen 50 sent per mandjie het sy gegoede families se wasgoed op ‘n wasplank instede van in ‘n wasmasjien gewas. Elke week het sy ‘n klein bedraggie in ‘n spaarrekening gesit. Met haar aftrede het sy haar bankbestuurder gevra hoeveel geld sy het. “$250,000” het hy gesê. Sy was geskok. “Dis veel meer as wat ek kon gebruik” het sy verduidelik. Die skaam oujongnooi wasvrou skenk toe $150,000 aan die Universiteit van Mississippi om jong swart Amerikaners met hul studies te help. “Dit is beter om te gee as om te ontvang” het sy vir die verslaggewers gesê. “Ek het dit probeer.”

(2) Don McCullough, President van die San Francisco Seminarie, vertel: “Skotse Presbiteriane het meer as ‘n honderd jaar gelede kerke begin stig in Ghana. Hul eredienste is steeds formeel Skots Presbeteriaans. maar onlangs het hulle tradisionele Afrika elemente in hul dienste begin toelaat. Nou dans die mense terwyl hulle hul offergawes bring. Volgens die sendeling is kollektetyd die enigste tyd tydens die erediens wanneer die mense glimlag. Daar is geen twyfel dat God ook glimlag nie!”

© Radiokansel.co.za

Scroll to Top