Daar is meer as 2,000 skrifgedeeltes in die Bybel oor geld en om te gee. Hier is twee: (a) “Elkeen moet na sy vermoë gee ooreenkomstig die seën wat hy van die Here jou God ontvang het” (Deut 16:17 NLV). (b) “Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief” (2 Kor 9:7 NLV). Hier is twee stories oor die vreugde om te gee:

(2) Don McCullough, President van die San Francisco Seminarie, vertel: “Skotse Presbiteriane het meer as ‘n honderd jaar gelede kerke begin stig in Ghana. Hul eredienste is steeds formeel Skots Presbeteriaans. maar onlangs het hulle tradisionele Afrika elemente in hul dienste begin toelaat. Nou dans die mense terwyl hulle hul offergawes bring. Volgens die sendeling is kollektetyd die enigste tyd tydens die erediens wanneer die mense glimlag. Daar is geen twyfel dat God ook glimlag nie!”
© Radiokansel.co.za



