
Hy het ‘n pos as hoof van die musiekdepartement van ‘n nabygeleë universiteit aanvaar. Hy tree steeds op, maar hy toer nou net vir kort tye. Sy verhouding met sy dogter is ‘n bron van vreugde en trots, wat hy andersins nie sou gehad het nie. Hy moes sy ou drome laat vaar, maar het sedertdien ‘n treffer CD opgeneem en is benoem vir ‘n Grammy toekenning. Nog belangriker is dat hy weet dat sy dogter as ‘n heeltemal ander mens sal grootword omdat daar nie ‘n leemte in haar lewe is waar haar pa veronderstel was om te wees. Teen die einde van sy lewe sal hy ‘n titel hê wat meer beteken as die titel musiekster. Daardie titel is ‘pa!’ Die Bybel sê dat ‘n leier sy ‘eie huisgesin goed [moet] kan bestuur’ (1 Timoteus 3:4 NLV) Dit is nie net op leiers van toepassing nie, maar op almal van ons!
Bron : Radiokansel



