
Hy redeneer soos volg: as jy my seermaak, sal ek jou seermaak. En nie net eenkeer nie, maar sewe-en-sewentig keer. Die gees van wraak is nooit tevrede nie. Eenvoudig gestel: Dit werk nie!
Soos Lameg, is Petrus seergemaak deur iemand na aan hom, en nie net een keer nie. Hy gaan toe na Jesus toe en vra: “Hoeveel maal moet ek vergewe? Selfs tot sewe maal?” (Matt 18:21 NLV). Petrus het uiters vrygewig gevoel en verwag dat Jesus hom sou prys. Maar Jesus sê toe vir hom: “Nee, nie tot sewe maal nie, maar tot sewentig maal sewe maal” (Matt 18:22 NLV). Waar kry Jesus daardie getal vandaan? Uit die Ou Testament. Jesus het die Skrif so goed geken en dit doelbewus gekies. Hy was besig om met Lameg se redenasie weg te doen. “Petrus, jy kan in Lameg se voetspore volg en wraak neem, of jy kan My volg en aanhou om te vergewe – maar jy kan nie altwee doen nie!”
© Radiokansel.co.za



