
‘n Voornemende lid moet eenparig deur die bestaande lede van die span verkies word. Slegs een nee-stem sal ‘n kandidaat se kanse kelder. Geen redes of verduidelikings word van die paneel verwag nie – wat tekenend is van die vlak van respek en vertroue wat die lede vir mekaar se oordeelsvermoë het.
Die Blue Angels is vir die lede van die span soos familie. Wanneer ‘n nuwe lid aangestel word, het hy jou lewe in sy hande. Nadat ‘n persoon die span gehaal het, moet hy sy deel doen, wys dat hy sy plek werd is en op ‘n daaglikse basis na uitnemendheid streef. Die voorreg om die wapen te dra, moet verdien word!
Slegs algehele toewyding is aanvaarbaar. Sou jý as lid van die Blue Angels kon kwalifiseer? Is jy ‘n alleenhandelaar of ‘n spanspeler? Is jy lojaal en betroubaar? Wanneer netelige situasie opduik, kan die lede van die span op jou staatmaak om hulle belange bo jou eie te stel?
Bron : Radiokansel


