Om te vergewe!

forgiveness

forgivenessOns almal is soms skuldig aan opmerkings wat ons liefs nie moes maak teenoor iemand anders nie. Ons kies soms ons woorde verkeerd of ons doen iets wat iemand anders baie seer maak of die harnas injaag. In die lewe gaan dit dan nie oor die persoon wat iets gedoen het nie, maar eerder oor die manier waarop ek en jy op die woorde reageer.

Vergifnis is dan ook ‘n manier waarop ek en jy kan reageer op dit wat iemand gese of gedoen het. Vergifnis bly jou en my keuse.

Vergifnis en die manier waarop ek en jy mense vergewe is by elke mens verskillend, maar uiteindelik gaan dit daaroor dat jy self weer met jou lewe kan aangaan sonder bagasie of bitterheid. Vergifnis is ook ‘n optrede wat vir elke mense in verskillende tydsraamwerke plaasvind. Sommige het meer tyd nodig om emosies te verwerk, ander weer vergewe en begin dadelik  met dieselfde verhouding. Die belangrikste is dat mense verskil in hulle hantering van vergifnis en berou. Vergifnis is ook nie gekoppel aan wie eerste onverskoning vra nie, maar die helende effek van vergifnis is juis daarin gelee dat ek en jy ons “kwaad” wees moet erken en dan daarmee moet begin werk.

  • Jy en  ek kan nuut begin as ons bereid is om nederig weer saam met mekaar die pad van vergifnis te stap.
  • Vrede en vergifnis is daarin gelee dat ek en jy soms net anders begin dink oor onsself, ons posisie en die bagasie van die verlede laat los.
  • Vergifnis is om te aanvaar dat jy nie altyd reg is nie, maar aanvaar dat ander van jou kan en mag verskil!
  • Vergifnis is “oor begin”, maar die “oor begin” is vir elke persoon uniek en anders.

Stephan van Heerden (www.klipkerk.co.za)

Scroll to Top