
Paulus sĂȘ in 1 KorintiĂ«rs 2:14 dat die “natuurlike mens” nie enigiets van God kan verstaan nie, omdat hy nie die Gees van God het nie. Hy sĂȘ die dinge van God is “onsin” vir so ‘n persoon. ‘n Volwasse gelowige is wĂȘrelde verwyder van die begrip van ‘n Geestelik lou of dooie persoon. Die waarheid is, selfs kerkgangers verstaan nie die volwasse gelowige nie. Paulus sĂȘ so ‘n persoon “
Hierdie tipe intimiteit met God is vandag baie skaars, selfs al is die verstand van Christus God se wil vir ons elkeen, en beskikbaar vir ons elkeen. Geestelik volwasse gelowiges het ‘n passie om God te volg en te leer ken, en hulle is nie tevrede totdat hulle ‘n intieme verhouding met Hom het nie. Maak dit dus vandag jou doel om God beter te leer ken.
© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za


