Geestelike aktiwiteite is nie dieselfde as Geestelike intimiteit nie. Baie van ons gaan kerk toe met die verkeerde fokus. Ons wil die prediker hoor en nie vir God nie. Wat ons moet doen, is om te sê: “Here, wat ook al die prediker vandag sê, ek wil hê U moet persoonlik met my praat, sodat ek sal weet wat U wil is in my omstandighede.”As God se Woord vir jou begin lewendig word op maniere wat jou verander en jou in ‘n rigting neem wat jy nooit op jou eie sou neem nie, is jy op dieselfde golflengte as die Heilige Gees, wie se werk dit is om God se doel vir jou lewe vir jou uit te lê en duidelik te maak.
Paulus sê in 1 Korintiërs 2:14 dat die “natuurlike mens” nie enigiets van God kan verstaan nie, omdat hy nie die Gees van God het nie. Hy sê die dinge van God is “onsin” vir so ‘n persoon. ‘n Volwasse gelowige is wêrelde verwyder van die begrip van ‘n Geestelik lou of dooie persoon. Die waarheid is, selfs kerkgangers verstaan nie die volwasse gelowige nie. Paulus sê so ‘n persoon “
Hierdie tipe intimiteit met God is vandag baie skaars, selfs al is die verstand van Christus God se wil vir ons elkeen, en beskikbaar vir ons elkeen. Geestelik volwasse gelowiges het ‘n passie om God te volg en te leer ken, en hulle is nie tevrede totdat hulle ‘n intieme verhouding met Hom het nie. Maak dit dus vandag jou doel om God beter te leer ken.
© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za