Wat is jou gesindheid?

ImageSalomo het gesê: “In sy eie oë is alles wat ‘n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die gesindheid,” (Spr. 16:2, NAV). Die skrywer, Isabel Wolseley sê: “Ek is ‘n vreedsame mens. Maar dit het verander toe ek en my vriendin baklei het. Ek het vir haar vertel dat ek reg was, en hoekom, en ander het my geprys omdat ek reg was. Die probleem was dat ek nie beter gevoel het nie . inteendeel. ‘Here,’ het ek gebid. ‘U weet ek was reg, waarom voel ek so aaklig?’ Ek het vir ‘n paar dae gekook, totdat ek Sy antwoord gekry het: ‘Ja, jy was reg, maar jou houding was verkeerd!’

Ek het ‘n klein oorwinninkie tydens ‘n meningsverskil gehad, maar ek het byna ‘n vriendskap verloor as gevolg daarvan. Ek het my vriendin gevra om my te vergewe. Sy het en ons vriendskap is herstel. Dit alles het al ‘n paar jaar gelede gebeur en weet jy wat? Ek kan nie eers onthou waaroor ons geargumenteer het nie. Dit het op daardie stadium so belangrik gelyk. Nie nou meer nie.

“Moenie toelaat dat jou behoefte “om altyd reg te wees” jou beroof van geleenthede om guns te betoon en God die kans te gee om met iemand te werk nie. Jakobus skryf vir die hardkoppiges onder ons: “Elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat,” (Jak. 1:19, OAV). Vra vir jouself: “Wat is my doelwit? Om die argument te wen? Om slim en oulik te lyk? Dit is beslis ‘n resep om verhoudings mee te verwoes. Paulus het geskryf: “Julle gees en gedagtes moet nuut word,” (Ef. 4:23, NAV).Die punt is: wanneer jy jou aandag vestig op die Heilige Gees, sal Hy vir jou vertel wanneer jy jou houding moet verander.

 © Radio Kansel 2007 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top