Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Met God Se Krag
Lank gelede, toe treinvervoer in sommige plattelandgebiede nog ’n rariteit was, staan ’n stasiemeester van ’n klein stasietjie, op die platform vir die trein en wag. Sy oë rek vir wat hy voor hom sien. ’n Ou man, koffer in die hand, kom stadig en sukkelende al met die spoorlyn aangestrompel. Die stasiemeester verwag hy gaan van die spoorlyn af wegdraai, na die platform toe om ook vir die trein te wag. Maar die ou man stap met ’n knik van die kop verby. “Oom, hoekom loop jy op die spoor?” vra die stasiemeester steeds verbaas. “Dis met die spoorlyn baie korter na die volgende dorp toe as met die pad,” antwoord die ou man en stap net aan. “Maar, Oom, jy mag nie daar op die spoorlyn loop nie,” wys die stasiemeester hom tereg. “Ek mag,” antwoord die ou man en sit sy koffer langs hom neer, steek sy hand in sy binnesak in en trek ’n beursie uit. “Ek het ’n kaartjie gekoop om hier te loop,” sê hy vrymoedig en haal ’n stukkie papier uit sy beursie uit. “Kyk self.” Die stasiemeester kyk na die kaartjie. “Maar dis ’n treinkaartjie, Oom. Dis om op die trein te ry.” “Op die trein te ry? Hoe?” kom dit verbaas van die ou man af. Die stasiemeester neem hom aan die arm en trek hom met koffer en al van die spoorlyn af. “Die trein is nou-nou hier, Oom. Ek help Oom.” Net daarna fluit die trein en stoom die stasie binne. Die stasiemeester verduidelik vir die kondukteur en hulle laat die ou man met sy koffer op die trein klim. Hy kry ’n sitplek. Tot sy verbasing ry hy sonder inspanning na die dorp toe waarheen hy moeisaam wou stap.
So verstaan sommige mense ook die redding wat Christus gebring het. Hulle glo in die Bybel en die evangelie, soos die ou man in die Spoorweg geglo het. Hy het gedink hy moes in eie krag van die spoorlyngerief gebruikmaak. Hy wis nie hy kon met die Spoorweg se krag, sonder sy eie vreeslike inspanning, sy bestemming bereik nie. Mense wil met ’n hoeveelheid Bybellees, bid, kerktoegaan, offergawes gee, kerkwerk doen, geloofseise nakom, die hemel te bereik.
Jesus se redding beteken: Hy het Self die werk gedoen. Ons moet dit net dankbaar aanvaar. Waar die ou man in die trein se kompartement gesit het, het die trein se krag hom na sy bestemming gevoer.
Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, het eenmaal opgemerk: “Daar is nie nou tyd vir nog ‘n krisis nie. My dagboek is…