Vier lesse wat jy op jou lewensreis leer (1)

vier2904

vier2904Onthou jy dat jy voorheen ‘n atlas nodig gehad het toe jy ‘n lang pad moes ry? Nou programmeer jy net die bestemming op jou motor se GPS en hy sê jou waar en wanneer om te draai, hoe ver die volgende petrolstasie is en hoe laat jy anderkant gaan aankom.

As ‘n volgeling van Jesus, het jy ‘n Goddelike GPS: die Heilige Gees. Hy kies die roete en die tyd, en waarborg dat jy by jou bestemming sal uitkom. Deur na Hom te luister, leer jy vier waardevolle lewenslesse.

Eerstens leer jy om op God, eerder as jouself, staat te maak. Veronderstel jy weet wat in jou lewe gaan gebeur en dit laat jou optree sonder om God eers te raadpleeg. Simson het gedink hy het agtergekom hoe dinge werk. Toe Delila hom verraai en die Filistyne bind hom met toue vas, het hy gedink hy sal maar net maak soos altyd: “…ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk. Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie.” (Rigters 16:20 NV). Om in oorwinning te leef, beteken om in totale afhanklikheid voor God te leef, en om nie op jouself staat te maak nie. In die tweede plek verander dit jou perspektief. Jy kyk dalk nie altyd waarheen jy gaan nie, maar sal altyd opeindig waar jy kyk! Jou perspektief bepaal jou keuses en rigting in die lewe.

Nadat hy duur betaal het omdat hy op sy eenvoudiger impulse gereageer het, het Dawid sy perspektief verander en gebid: “Op U, Here my God…, is my oë gerig…” (Psalm 141:8 NV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top