Giftige verhoudings!

scorpion0703

scorpion0703Jou ontwikkeling, en soms jou redding, is daarvan afhanklik dat jy met die regte mense omgaan. Onthou jy die verhaal van die skerpioen wat die padda gevra het om hom oor die rivier te neem aangesien hy nie self kon swem nie? ‘Hoe weet ek dat jy my nie sal steek nie?’ het die padda gevra. ‘Want dan sal ons àl twee verdrink,’ het die skerpioen geantwoord. Die padda het ingestem. Halfpad oor die rivier het die skerpioen hom egter gesteek. Terwyl hulle verdrink, het die padda gevra, ‘Jy het onderneem om my nie te steek nie. Hoekom het jy dit gedoen?’ Die skerpioen het geantwoord, ‘Ek kan dit nie verhelp nie, dis my natuur om te steek.’

Leer om giftige verhoudings te herken en daarvan weg te draai voordat jy onder gaan. So ‘n verhouding is soos ‘n ledemaat met gangreen, as dit nie geamputeer word nie, vergiftig dit die hele liggaam. Tensy jy die moed het om dít wat nie gesond kán word nie, af te sny, sal jy uiteindelik baie meer verloor.

Jy kan nie ‘n vennootskap met iemand aangaan wat nie jou mikpunte deel nie. As jy hartstogtelik oor iets is, maar jou maat nie, is dit soos om met iemand te probeer wals wat net volkspele wil doen. Jy het die verkeerde dansmaat gekies. Moenie met iemand verstrengel raak wat nie jou Godgegewe doelwit deel nie. Sommige kwessies kán wél opgelos word, maar jy kan iemand nie leer om óm te gee nie. Wanneer iemand nié omgee nie, kan die persoon jou omgewing verwoes, jou produktiwiteit verongeluk en jou lewe met voortdurende klagtes versuur. Vra dus aan God, ‘Wie hóórt in mý lewe?’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top