
Jakob het verstaan dat as jy dinge te hard dryf en te veel goed aanvat, kan jy nie net jou besigheid nie, maar ook jou familie verloor. Hierin lê ‘n belangrike les. Bly gebalanseerd in jou pogings om te presteer. Daar moet ‘n tyd vir werk en ‘n tyd vir rus wees; ‘n tyd vir jou loopbaan en ‘n tyd vir verhoudings. Jou gesinslewe, karakter en jou spirituele reis gebeur nie net vanself nie. Dit waaraan jy nie aandag gee nie, gaan agteruit.
Dr. John Maxwell het die volgende gebed met sy vriende gedeel by ‘n onlangse verjaarsdagpartytjie: “Here, soos ek ouer word, dink ek ek wil bekend wees as bedagsaam eerder as begaafd, liefdevol versus vinnig of slim, sagmoedig versus sterk, ‘n luisteraar eerder as ‘n goeie spreker, beskikbaar eerder as ‘n harde werker, bereid om op te offer eerder as om suksesvol te wees, betroubaar eerder as bekend, tevrede eerder as gedrewe, selfbeheersd eerder as opwindend, vrygewig eerder as ryk, deernisvol eerder as bekwaam.”
Bron : Radiokansel




