Stresontlading

stress1207

stress1207Jare gelede is stres meestal gesien as ‘n probleem wat mans ervaar het, maar dis nie meer die geval nie. Vroue het die stres om perfek te probeer wees, om ‘n sekere voorkoms te hê, om mee te ding by die werk, om alles te probeer doen, om nooit nee sê nie, en om dus nooit vir hulself tyd te hê nie. Dis nie hoe God wil hê jy moet leef nie! “My volk sal in rustige velde woon, in veilige wonings, op plekke waar daar rus is en geen sorge nie.” (Jes. 32:18 NV). Hier is twee praktiese voorstelle vir stresontlading:

1) Gee jouself genoeg tyd. Alles neem langer as wat jy dink, en om genoeg tyd te hê om jou werk te voltooi, sal jou benoudheid aansienlik verminder. Wanneer jy onder druk is, is ‘n goeie praktiese reël om vir jouself 20% meer tyd te gee om klaar te maak as wat jy dink jy nodig sal hê.

2) Wees met minder tevrede. ‘n Onlangse studie van duisende huishoudings het bevind dat mense wat bo hulle vermoë leef meer geneig is tot stresverwante siektes soos hartaanvalle en depressie. God wil hê dat jy jou prioriteite reg moet hê en dat jy die tydperk moet geniet waar jy tans is, op pad na jou bestemming. As jy vandag angstig voel, bid: “Here, ek het vernuwing nodig. Die lewe het alles uit my getap. Dankie dat U stil tye en rusplekke beskik het te midde van bedrywige skedules. Help my om U altyd eerste te stel en om my rusplek in U te vind.”

Bron : Radiokansel

Scroll to Top