RKOorweeg die effek van ‘n modderstorting. Wanneer die fondament
verkrummel, sal selfs die luuksste huis val. Dank die Here vir ons Geestelike
fondament. Daar is vandag ‘n klomp twyfelagtige dinge wat voorgehou word as
waarhede. Maar as jy dit van naby af beskou, sien jy dat daar slegs ‘n teelepel
van waarheid in ‘n see wan valsheid is. Elke keer wanneer jy ‘n Skrifgedeelte
buite konteks gebruik, eindig jy met ‘n voorwendsel (‘n verskoning om te maak
net soos jy wil!).

Jy sê: “Wat moet ek doen?” Doen wat die mense van Berea gedoen het.
“Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die
Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê,” (Hand. 17:11) Wie se
leerstellings is onder die soeklig van die Skrif geplaas? Paulus s’n! Geen
leier, ongeag die grote van sy navolging is verhewe bo sulke ondersoek nie.
Inteendeel, ‘n godvrugtige leier verwelkom dit. Elke keer as iemand aanspraak
maak daarop dat hy ‘n besondere openbaring van God ontvang het en dit is nie in
lyn met die Skrif nie, hardloop in die teenoorgestelde rigting! Jy sê:
“Dit klink darem ietwat erg.” Chirurgie is ook erg, maar dit kan jou lewe red.

Wil God nog meer aan ons vertel? Verseker! Wanneer jy jou laaste asem
uitblaas, sal jy nog steeds nie alles weet nie. En het God beter strategieë om
ander te bereik met sy Woord? Ja. Ons moet dit omhels as ons die vrugte daarvan
wil pluk voordat die Heer aan Wie die oes behoort terugkom, maar nooit ten
koste van God se ewige, onveranderbare Woord nie. Dít is die boodskap wat
Paulus wou oordra: “Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom
wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei. Wees waaksaam!
… Nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord
is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan
al die gelowiges as erfdeel belowe het,” (Hand. 20:30-32).

© 2007 Radiokansel.
www.radiokansel.co.za

Scroll to Top