Die Jesus van Thomas Jefferson

The Jefferson Bible2811

The Jefferson Bible2811Geskiedkundige navorsing onderskryf die persoonlike geloof van Amerika se grondleggers. In sy voorwoord tot die tweede uitgawe van Thomas Jefferson se The Life and Morals of Jesus of Nazareth, later bekend as The Jefferson Bible, vertel Douglas E. Lurton hoe die President tydens sy eerste Withuis-termyn Jesus se woorde so gekoester het, dat hy dit as ‘n afsonderlike boekie wou publiseer. Jefferson het Christus se woorde uit die vier Evangelies beskryf as ‘so onderskeidbaar (van ander woorde) soos diamante in ‘n vullishoop.’

In 1816 het hy vir sy vriend Charles Thompson vertel: ‘Ek het ook ‘n boekie saamgestel deur die tekste uit die boek te knip en op skoon bladsye, volgens tydperk of onderwerp, te rangskik. ‘n Mooier of kosbaarder kleinood het ek nog nooit gesien nie.’ Jefferson het ook sy boek in Grieks, Latyn en Frans vertaal. Ofskoon hy Christus se woorde aanvanklik net ‘vir my eie gebruik’ wou neerskryf en nie wou publiseer nie, het hy later aangevoer die woorde ‘sal bevind word as die mees verhewe en welmenende…wat ooit aan die mens gebied is.’ Jesus se woorde het Jefferson so geraak dat hy van sy woning by Monticello aan Thompson geskryf het dat sy boek as ‘bewys moes dien dat ek ‘n ware Christen is…’n dissipel van Jesus se leerstellings.’

Dit was meer as welbedagte woorde vir Jefferson; dit het sy lewe verander en van hom ‘n volgeling van Christus gemaak. Soos Douglas Lurton oor die Bybel skryf, laat ons dit, ‘Uitbestudeer. Inbid. Neersit. Aanstuur!’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top