
‘n Les is hierin te vinde – ‘n huwelik word dikwels vernietig nie deur ontrouheid, mishandeling of verlating nie, maar deur ‘klein’ dingetjies soos kritiek, gebrek aan respek en deur mekaar as vanselfsprekend te aanvaar. Voortdurende ‘pik’ aan die verhouding verhoed dat dit die hoogtes van geluk bereik wat God vir julle beplan het.
‘n Wyse persoon het opgemerk, ‘Voor jy jou lewensmaat se smaak kritiseer, onthou dat hy of sy vir jou gekies het.’ Jy sê, ‘Maar dis feite.’ Almiskie, maar Oswald Chambers het gesê, ‘God gee nie onderskeidingsvermoë aan ons sodat ons mekaar kan kritiseer nie, maar sodat ons vir mekaar kan bid.’ Dit help nie om te neul nie, dit verwoes net jou lewensmaat se gevoel van eiewaarde en veiligheid. Mense verander slegs wanneer hulle geldig voel en verstaan word. Die Bybel sê, ‘Die liefde is geduldig en vriendelik.’ Moenie ‘pik’ nie, probeer eerder die eienskappe wat jou na hom of haar aangetrek het, onthou; bou daarop en bring die beste in hom of haar na vore. As jy nie wil nie, wie sal? Paulus skryf, ‘…beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is…’ (Filippense 4:8).
Dis tydlose beginsels vir ‘n gelukkige huwelik.
Bron : Radiokansel




