
Hy het vir Elisa gesê: “Ag, Meneer, wat moet ons doen?” Elisa het vir die bediende gesê: “Jy moenie bekommerd wees nie, daar is meer by ons as by hulle.” Elisa het gebid en gevra: “Here, maak asseblief sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die jongman oopgemaak, en toe sien hy dat die berge rondom Elisa vol perde en oorlogkarre van vuur is.’ (vv.15-17). Deur God se mag het die bediende engele gesien.
God kan jou help om Sy hand te sien werk in dit waardeur jy vandag gaan. Hy beloof nooit om ons van ons beproewinge te verwyder nie, maar Hy belowe om die manier te verander waarmee ons daarna kyk. Nadat hy al sy probleme opgenoem het, skryf Paulus: ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefhet…’ (Romeine 8: 37 NV-1983). Ons verkies ‘n ander voorsetsel. Ons wil hê ‘behalwe al hierdie dinge,’ maar Paulus sê, ‘in al hierdie dinge.’
Die oplossing lê nie daarin om moeilikheid te vermy nie, maar om die manier te verander waarmee ons daarna kyk. God vra, ‘Wie gee mens sig?’ Die antwoord, ‘Dit is Ek, die Here’ (Eksodus 4:11). God het Elisa se bediende ‘n leërskare van engele laat sien, Jakob sien ‘n leer wat tot aan die hemel reik, en Saul van Tarsus sien Jesus op die pad na Damaskus. Die blinde man sê vir Jesus, ‘…Ek wil sien’ (Markus 10:51), en hy kon dadelik sien.
Vra God vandag om jou Sy hand daarin raak te sien.
Bron : Radiokansel




