Dit is tyd om weg te kom

noisy2306

noisy2306Lukas skryf: “Vroeg die volgende môre het Jesus na ‘n verlate plek vertrek. Die skares het oral na Hom gesoek, en toe hulle Hom uiteindelik kry, het hulle Hom gesmeek om hulle nie te verlaat nie. Maar Hy het geantwoord: ‘Ek moet die Goeie Nuus van die koningsheerkappy van God in ander plekke ook verkondig, want dit is waarvoor Ek gestuur is’” (Luk 4:42-43 NLV). Ondersoek Christus se lewe, en volg sy voorbeeld!

Jesus het ‘nee’ gesê vir goeie dinge sodat Hy kon ‘ja’ sê vir die regte dinge. Dit is nie altyd maklik nie. God wil dalk hê dat jy moet weggaan, maar jy bly, of andersom. Hoe weet jy wat reg is? Kom weg van die menigtes en ontmoet Jesus in ‘n verlate plek. Kies ‘n plek wat stil is – waar jy kan dink, bid, God se stem kan hoor, nuwe krag en koers kan kry.

Richard Foster meen dat daar drie dinge in die hedendaagse lewe is waarin die duiwel uitblink: geraas, gejaadgheid en massas mense. As hy ons hierin kan vasvang, is hy gelukkig. As hy kan verseker dat ons fokus bly op die eindelose gejaag na wind, het hy sy doel bereik. Maar Jesus, aan die ander kant, sê, “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en ek sal julle lewens verkwik” (Matt 11:28 NLV). Sal jy kom? Sal jy die Een volg wat Hom gereeld “in ‘n verlate plek afsonder om te bid” (Luk 5:16 NLV)? Duisende stemme sal jou aanraai om dit nie te doen nie. Ignoreer hulle!

© 2009 radiokansel.co.za

Scroll to Top