
Mark Twain het gesê: “Dapperheid is weerstand teen vrees, die bemeestering van vrees, nie die afwesigheid van vrees nie.” Jy moet besluit of jy ‘n vegter of ‘n verloorder wil wees wat deur kommer platgetrek word. Daar is geen middeweg nie. Wanneer jy gekonfronteer word met ‘n gesondheids-, familie-, of finansiële krisis, het jy ‘n keuse om op God se Woord te staan en te veg, of om aan bekommernis oor te gee.
Ons sal nooit ten volle verstaan hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur nie. Ons weet egter dat God goed is – die hele tyd! Wanneer slegte dinge gebeur, sal jy of ingee van vrees en toelaat dat dit jou vrede en welstand vernietig, of jy sal ‘n vegter gewapen met God se Woord word en daarteen opstaan. As vrees dreig om jou gedagtes oor te neem, staan op saam met die Psalmdigter en sê:
“Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U.” (Ps 56:3 NV).
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)




