
Jesus het baie oor beloning gepraat. Wanneer ons egter nie om die regte redes na beloning streef nie, kan dit ons benadeel. ‘n Trofee is nie die prestasie nie – dis nie die kennis wat ons verwerf het, die spiere wat ons geoefen het, of die moed wat ons ontwikkel het nie. Dis net ‘n simbool van die prestasie. Dis ‘n eksterne bevestiging van ons waarde. Ten beste is ons trofeë klein herinneringe, dinge wat ons dankbaar maak oor die verlede en ons aanspoor vir die toekoms. Ten slegste is die trofeekas ‘n heiligdom, ‘n middel om ons valse selfbeeld te poets.
Trofeë bring kortstondige plesier wat verslawend kan wees, maar hierdie plesier verslyt altyd. In Openbaring sien ons 24 ouderlinge wat ‘…hulle krone voor die troon neer[sit] en sê: “U is waardig, Here ons God” …’ (Openbaring 4:10-11 NLV).
Wanneer jy al die eer aan God gee, bring jou prestasies vreugde mee, maar wanneer jy die eer vir jouself wil hou, slaan jou trofeë aan, verbleik hulle en word ‘n oorlas. Kyk na Henog: sy uitnemendste trofee was dat hy ‘God se goedkeuring wegdra’.
Bron : Radiokansel




