
Paganini, en een snaar – en ‘n gees wat geweier het om op te hou! Dit is nodig! Hoe langer jy lewe, hoe meer sal jy ontdek dat die lewe net 10 persent is van wat met jou gebeur – en 90 persent hoe jy daarop reageer!
Dis nie die snare wat jy verloor wat tel nie, dis dié wat jy nog het – en wat jy daarmee doen! Die belangrikste besluit wat jy vandag gaan neem is die keuse van jou houding; dis die enkele snaar wat jou of vorentoe laat gaan of in sirkels laat beweeg.
Paulus skryf: “Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk,” (2 Kor. 12:9-10, NAV). Wat ‘n manier om te lewe!
© www.radiokansel.co.za


