
‘Ons het Hom nooit weer gesien nie; Hy het verskyn toe ons Hom nodig gehad het. Ons weet nou egter dat ons bly is dat hulle ons uit die teenwoordigheid van die bose koning na die teenwoordigheid van die Regverdige Een gesleep het! In Sý teenwoordigheid het ons geleer, ‘Maar geen wapen… sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here.’ Is jy vandag in die smeltkroes? Besef net dat jy nie alleen is nie – God is met jou! Wees dapper! Wanneer Hy jou deur die beproewing gedra het, sal jy Hom beter ken, meer vertrou, en jy sal iets hê om mee te deel waarna ander sal wil luister.
Bron : Radiokansel


