Satan se strategie

lies031109

lies031109‘n Leuen is net so effektief soos die waarheid – as jy dit glo. En Satan is die “vader van alle leuens”. Hier is drie van sy strategieĆ« om jou te verslaan:

(1) Gevoelens. Hy sal jou deur rede oortuig dat jy nie verdien om vergewe te word nie; deur emosie vertel dat jy nie voel asof jy vergewe is nie. Dis hier waar die oorwinning bepaal word: Staan sterk. Die werk in jou is voltooi. God se Woord sĆŖ so, en jy moet dit ook begin sĆŖ. Tyd sal jou posisie versterk. Satan sal dinge in jou gedagtes probeer plaas waarvan God jou reeds bevry het. Dit is alles deel van sy plan. Hy wil jou laat voel asof niks verander het nie – moet dit nie glo nie!

(2) Skok. Satan gee nie sy gebied op sonder ‘n geveg nie. (‘n Aanval is die bewys daarvan dat jy nog nie verslaan is nie.) As jy dit nie te wagte is nie, sal jy dink: “Ek maak seker nie vordering nie, want hoekom stry ek nog dieselfde stryd?”

(3) Twyfel. Satan se derde strategie is om jou so ver te kry om op te gee en te sĆŖ: “Hoekom probeer ek nog, niks het verander nie!” Wanneer jy so praat, verloor jy op die plek. Moenie dit doen nie! Die Bybel sĆŖ: “as jy gevang is deur wat jy sĆŖ” (Spr 6:2 NLV). Waak oor jou woorde, want dit bepaal die atmosfeer waarin jy lewe. Satan luister aandagtig na wat jy sĆŖ, so moet nooit iets sĆŖ wat hom sal aanmoedig nie. Beskerm jouself teen hierdie drie strategieĆ«!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top