Waarvan praat jy? (1)

RKLogo_Reg

RKLogo_RegHet jy geweet jy kan jouself seën deur dit wat jy sê? Die Bybel sê: “Elkeen in die land wat om voorspoed bid, sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is, en elkeen in die land wat ‘n eed aflê, sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is. Die swaarkry van vroeër sal vergeet wees, Ek laat dit verdwyn,” (Jes. 65:16, NAV).

Die Skrif leer ons twee belangrike waarhede:

(1) Jou eie woorde het meer mag om jou te affekteer as die woorde van enigiemand anders. Eindelik is dit wat ander sê nie wat tel nie; maar wat jy vir jouself sê nadat hulle klaar gepraat het! Jy het altyd die laaste woord.
(2) Jy sal nooit dit wat God vir jou toekoms beplan kan geniet as jy steeds in die verlede leef nie. Om die Beloofde Land te betree, moet jy eers uit die wildernis kom. Gaan dus in ooreenkoms met God; en begin sê wat Hy van jou sê. Dis baie belangrik. Wat jy sê vanaf die tyd wat jy in die oggend opstaan tot wanneer jy gaan slaap, beïnvloed nie net jou dag nie, maar dit beïnvloed jou lewensuitkyk en rigting van jou lewe. As jy in jou gebed sekere antwoorde van God gevra het, kan jy die resultaat affekteer deur seker te maak dat wat jy sê ook dit is wat Hy sê. Met ander woorde – leef in harmonie met God.
Jou liggaam is God se tempel, wees dus waaksaam oor dit wat by jou mond uitkom (sien 1 Kor. 3:16). Om fout te vind en negatief te wees, breek af, maar Skrifgefundeerde, geloofvervulde woorde open die deur na God se seën. Dis hoekom Paulus skryf: “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is,” (Ef. 4:29, NAV). Vra dus of iets opbouend is voor jy dit sê.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top