
Jy kan maar weet, die dag sal kom dat sogenaamde ‘vooruitgang’ sal vereis dat jy jou oortuigings moet opoffer. Op daardie oomblik, sal jou morele gesag op die weegskaal wees. Daarom moet jy verseker wees van jou oortuigings. Jy mag die versoeking hê om te glo dat ‘n sekere vlak van sukses daardie uitdagings sal laat verdwyn. Nee, sukses maak niks makliker nie, dit verhoog slegs die wedgeld. Wat voorheen applous uitgelok het, word nou eenvoudig verwag. Dis baie makliker om die titelgeveg te wen, as om dit te verdedig.
Meer nog, met sukses kom die geneigdheid om jouself te sien as die oppergesag van reg en verkeerd. Kyk rondom jou en jy sal sien dis nie ongewoon om leiers te kry wat volgens verskillende spelreëls speel nie. Alles lyk in werklikheid anders van bo af! As jy eers deur sukses bedwelm is, begin jy glo die reëls geld nie vir jou nie. Dit kan dodelik wees. Op stuk van sake word jou reputasie gesien as hoe mense jou ken, maar jou karakter is hoe God jou ken. Jy mag sê, ‘Maar waarom vashou aan iets wat oudmodies is of my net dalk sal terughou?’ Die Bybel antwoord: ‘Die Here het vir julle gesê wat reg is.’
Bron : Radiokansel



