
Wanneer jy uit jou diepte voel, maak aanspraak op hierdie belofte! Job het baie onbeantwoorde vrae gehad, maar toe hy die verskil tussen rede en verhouding begin verstaan het, het hy vir God gesê, “Tot nou toe het ek .van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien (Job 42:5 NLV). Wanneer jy nie die rede kan vind nie, vertrou die verhouding. God sal jou nie faal nie.
Die donkerte nie altyd die vyand se werk nie. Soms is dit God se effektiefste onderrigmeganisme. “Kort voor dagbreek. kom Jesus op die see na hulle aangeloop hulle was verbaas” (Mar 6:48:51 NLV). Jy sal die Here leer ken as jy saam met Hom deur storms gaan. Die Psalmdigter het gesê, “Dan is die nag vir U nie donker nie, maar so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig” (Ps 139:12 NLV). In plaas van om weg te hardloop – vra vir God om jou nagvisie te ontwikkel, sodat jy die “skatte wat weggesteek is in die donker” (Jes 45:3 NLV) kan sien.
© Radiokansel 2009




